Naderende Sperdatum: Dra u vakansiehuis of tweede woning nou oor en bespaar belasting!
19 March 2012, Steyn Strauss
Die mees onlangse Wysigingswet op Belasting laat die belastingbetaler toe om voor of op 31 Desember 2012 `n vakansiehuis of tweede... woning wat deur die belastingbetaler in `n maatskappy, trust of beslote korporasie besit word, oor te dra op die naam van die individuele belastingbetaler sonder om oordragskostes, kapitaalwinsbelasting, dividendbelasting of sekondêre belasting op maatskappye te betaal.