Kan jy ‘n mynveld suksesvol navigeer?
21 August 2012, Soekie Smith
Die oorweldigende hoeveelheid nuwe wette asook die wysigings tot bestaande wette laat meeste besighede blindelings rond strompel in ‘n mynveld... van onsekerheid in afwagting op die onvermydelike slag. Is jy bewus van die voorgestelde wysigings op arbeidswette? Beplan jy om betyds te voldoen aan die nuutste vereistes vir staatstenders? Hoe gaan jy die teikens soos vereis in die nuwe sektorale handves vir swart ekonomiese bemagtiging, wat ook op jou besigheid van toepassing is, bereik? Weet jy wat die nuwe ouditvereistes vir jou maatskappy behels? Is jou advertensies geldig? So kan ‘n lang lys vrae wat gepaard gaan met ingrypende implikasies vir jou besigheid gelys word.